Privaatskole pas afstandsonderrig toe

Skole in Namibië is steeds gesluit en senior leerders het ook nie Woensdag, soos beplan, vir fisiese klasbywoning, teruggekeer nie. Die bepaling is deur owerhede in die jongste maatreëls, wat vir twee weke geldig is, uiteengesit. Maar, privaatskole pas op die oomblik afstandsonderrig toe en kinders is nie op vakansie nie. Colette Rieckert, voorsitter van die Privaatskole-vereniging van Namibië het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.