Belastingontduikers word in SA opgespoor

Die kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Edward Kieswetter, sê hulle maak goeie vordering met die opspoor van en optrede teen belastingontduikers. Verlede jaar het die belastinggaarder meer as 26 000 mense opgespoor met ekonomiese bedrywighede van meer as 1 miljoen Suid-Afrikaanse rand wat nie vir belastingdoeleindes geregistreer is nie. Kieswetter sê hulle het die afgelope jaar ook pogings versnel om met interne korrupsie af te reken: