Standbeeld van Diana deur haar seuns onthul

Prinses Diana se seuns, William en Harry, het ‘n standbeeld van hulle ma by Kensington-paleis onthul op die dag 60 jaar nadat sy gebore is. Die twee prinse het vier jaar gelede opdrag gegee vir die kunswerk en Harry het vir die seremonie ingevlieg uit Amerika waar hy nou woon. Die geleentheid is weens Covid-19-regulasies verklein en slegs ‘n handjievol mense kon dit bywoon. Diana was 36 toe sy in 1997 na ‘n motorongeluk in die Franse hoofstad, Parys, gesterf het.