Stampriet drukgroep word geformaliseer

Die Namibiese Landbou-unie sê daar word op die oomblik gewerk aan die formalisering van die Stampriet Aquifer Mining-vereniging. Die unie sê in sy weeklikse nuusbrief dat verdere eksplorasiewerk is reeds goedgekeur, mits boorpermitte vanaf die landbouministerie verkry word. Die unie sê hy het reeds ‘n bydrae van 50 000 Namibiese dollar aan vereniging gemaak, asook ’n jaar se salaris en kantoorspasie beskikbaar gestel vir ‘n individu wat verdere aandag sal skenk aan die uraansituasie. Die vereniging sowel as die unie doen ‘n beroep elkeen, hetsy individueel, besigheid of organisasie, om by te dra.