Boere in die Suide berei voor vir sprinkane 

Verby is die dae toe boere in die suide van Namibië uiterse koue weerstoetsande in die winter beleef het. Dolf de Wet van die plaas Michberg naby Grünau sê hulle ervaar nou warmer weerstoestande en berei ook voor vir enige sprinkaanplae. Verlede jaar was daar ‘n erge uitbreking van sprinkaanplae in die Suide wat verwoesting gesaai het. Dit was moeilik gemaak om die situasie onder beheer te bring, daarom is boere nou voorbereid. De Wet gesels met Kosmos 94.1 Nuus.