Dit jubel in toerisme met die jongste syfers

Die Gasvryheidsvereniging van Namibië is verheug oor die toerismesektor wat besig is om vinnig te herstel. ’n Nasionale besettings-koers van 51 persent is gedurende Julie 2022 aangeteken, vergeleke met 32,1 persent in die vorige maand en 11,9 persent in Julie 2021. Dit is die hoogste besettings-koers wat sedert Desember 2019 aangeteken is. Die vereniging se uitvoerende hoof, Gitta Paetzold, deel haar opwinding met Kosmos 94.1 Nuus.