Staking: Muniaro sê daar is geen ‘wat as’ nie

Ekonome het reeds kommer uitgespreek oor die moontlike finansiële impak van ‘n staking van staatsamptenare. Werknemers by die NBC het in Mei 2021 baie swaar gekry met ‘n staking sonder vergoeding wat uitgeloop het op geen salarisverhoging nie. Die regering het reeds gesê daar is nie geld nie en wat as die staking ook so uitdraai? Volgens die deurwinterde vakbondleier, Job Muniaro is daar geen ‘wat as’ nie. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.