Chinese weermag sal nie stilsit as Pelosi in Taiwan land nie

China sê sy weermag sal nie net ‘stilsit’ as die speaker van die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers, Nancy Pelosi, Taiwan besoek nie. Pelosi se Asiatiese toer het vandag begin in Singapoer maar daar is geen melding gemaak van ‘n besoek aan Taiwan nie. Die Chinese President Xi Jinping het ook verlede week sy Amerikaanse eweknie Joe Biden gewaarsku oor die kwessie van Taiwan van Xi as deel van China ag, en Biden as onafhanklik ag. Die jongste waarskuwing in verband met Pelosi se toer is tydens ‘n inligtingsessie van die Chinese ministerie van buitelandse sake uitgereik. Woordvoerder Zhao Lijian sê vanweë Pelosi se status as die nommer-drie amptenaar van die Amerikaanse regering, sal ‘n besoek aan Taiwan, ‘n ernstige politieke impak hê.