Walvis se Bakersville-ontwikkeling weer in die nuus

Die Bakersville-projek naby Walvisbaai is steeds in die nuus. Daar is uiters min inligting oor die ontwikkeling wat bekostigbare behuising wil verskaf. Die ooreenkoms is dat erwe teen 30 000 Namibiese dollar gekoop kan word deur maandelikse betalings van 1 000 dollar. Wanneer 50 persent afbetaal is word die titelakte-oordrag begin. Given Botha, die agent wat met Bakersville se verkope werk kon nie inligting verskaf oor hoeveel erwe reeds verkoop is nie en sê net daar is baie navrae in verband met die projek.

Maar Knowledge Ipingi, voormalige raadslid van die Erongo streeksraad, en aktivis aan die kus sê daar is te veel onduidelikhede en vrae wat nie beantwoord kan word nie.