Staking lyk onvermydelik in Suid-Afrika

Dit wil voorkom asof ‘n reuse-staking aan die kom in Suid-Afrika is. Die Vereniging van Staatsamptenare in Suid-Afrika het ‘n amptelike stakingskennisgewing op die ANC-regering beteken. Die vereniging het ‘n kennisgewing van sewe dae uitgereik nadat ‘n dooiepunt in salaris-onderhandelings bereik is. Die werkers het aanvanklik ‘n verhoging van 10 persent geëis, maar dit later aangepas tot 6,5 persent. Die nasionale staking kan volgende Woensdag begin en moontlik dienslewering in alle regeringsdepartemente raak. Die vereniging se assistent-hoofbestuurder, Reuben Maleka, beskuldig die regering dat hy nie in goeie trou onderhandel nie: