Akteur Leslie Jordan sterf in motorongeluk

Die akteur, skrywer en sanger, Leslie Jordan, is in die ouderdom van 67 oorlede ná ʼn motorongeluk in Los Angeles. Hy was veral bekend vir sy rolle in Will and Grace, American Horror Story en Hearts Afire. Hy het in 2006 ‘n Emmy verower as gasakteur in ‘n komediereeks, vir sy werk as Beverly Leslie in Will and Grace. Jordan het drie verskillende rolle in drie verskillende seisoene van Ryan Murphy se gewilde American Horror Story vertolk. Sy reklameagent sê die wêreld het met sy dood ‘n donkerder plek geword.