Staking in SA: Johannesburg sê dienslewering duur voort, ongeag

Die Stad Johannesburg se burgemeester, Mpho Phalatse, sê die stygende lewenskoste moet reggestel word deur ekonomiese beleide wat ongelykhede in die samelewing erken en ‘n omgewing skep wat gunstig is vir ondernemings om te groei en werk te skep. Dit is in die lig van die vakverbonde Cosatu en Saftu se planne om die land vandag tot stilstand te bring oor onder andere die hoë lewenskoste en werkloosheid. Phalatse se woodvoerder, Mabine Seabe, sê dienslewering sal voortgaan en veiligheid en sekerheid in die stad sal gehandhaaf word: