10 miljoen kyk eerste episode van House of the Dragon

Byna 10 miljoen kykers in Amerika het die première van House of the Dragon gekyk. Dit gaan oor die tydperk vóór die bekroonde reeks, Game of Thrones, en is HBO se suksesvolste reeksbekendstelling ooit. Die eerste episode was ook ‘n treffer op Twitter en was 14 ure onder die gewildste onderwerpe. House of the Dragon speel 200 jaar voor die gebeure in Game of Thrones af. Dit neem ondersteuners terug na Westeros en vertel die verhaal van die Huis van Targaryen.