Landbou is op soek na 8 hommeltuie

Die Namibiese landbouministerie het ‘n tender vir agt hommeltuie bekend gestel onder sy ondersteuningsprojek vir lewendehawe produksie in die noorderlik kommunale gebiede. Die program het ten doel om die prestasie van die waardeketting in die gebied te verbeter deur veeproduksiestelsels en veerkragtigheid teen klimaatsverandering te verbeter. Die Europese Unie dra finansieel by aan die projek. Die tender is aangepas vanaf Desember verlede jaar en sluit op 22 September. Daar word verwag dat die hommeltuie veral bydra om die impak van klimaatsverandering te bepaal.