Staffie ontvang helde-medalje

Die DBV in Boksburg aan die Gautengse Oos-Rand gaan ‘n medalje vir dapperheid oorhandig aan die Staffordshire-terriër Jessie. Byron en Melissa Thanarayen se hond het 30 minute lank vasgebyt om haar honde-maat uit ‘n swembad in Ekhuruleni te red. Jessie het verhoed dat die 13-jarige Pomeranian, Chucky, verdrink nadat sy in die water beland het, en nie moed opgegee nie. Sy het uiteindelik daarin geslaag om die ou hond aan haar nek uit die swembad te trek. Die dapper redding is op sekuriteitskameras vasgevang.