Ietermagô storie wek groot kommer

Berigte oor die onwettige handel in die ietermagô het die verkeerde reaksie op veral sosiale media gelok en talle lede van die publiek het melding gemaak van hulle belangstelling om die diertjie te bekom spesifiek om handel te dryf. Volgens die Woordvoerder van die Namibiese Ministerie van Omgewingsake, Romeo Muyunda, wek die toenemende handel in die diere, sowel as die stropery van ander, groot kommer.