Stadspolisie het kommer oor toenemende misdaad

‘n Vrou wat haar honde vir ‘n uitstappie agter Pionierspark in die hoofstad gevat het is oorval deur vier mans wat haar erg geslaan, en met haar voertuig weggery het. Die polisie soek steeds na die verdagtes en die voertuig. Die vrou, die 57-jarige Margerete Reiff, is vir behandeling en steke na die hospitaal afgevoer. Die Windhoekse Stadspolisiehoof, Abraham Kanime wat nie die voorval kon bevestig nie, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle is bekommerd oor rooftogte in daardie omgewing.