Brandstof-smokkelary: Dis ‘n regulatoriese mislukking

Die voorsitter van die Brandstof en Franchise Vereniging Hennie Krüger sê die smokkelary van brandstof uit Angola is nie die enigste element wat die volhoubaarheid van vulstasies en kleinhandelaars bedreig nie. Hy sê die bedryf word gereguleer en owerhede, van die ministerie tot by binnelandse sake en die polisie moet hulle werk doen. Die hele kwessie is volgens hom ‘n regulatoriese mislukking.