Stadion in Mangaung is groot genoeg vir ANC-vieringe

Die Mangaung metropolitaanse munisipaliteit in die Vrystaat sê die Dr. Rantlai Petrus Molemela-stadion is in ‘n goeie toestand en gereed om die ANC se 111de viering die komende naweek aan te bied. Daar is vroeër berig die stadion is in geen toestand om enige byeenkomste aan te bied nie. Die metro se woordvoerder, Qondile Khedama, sê ál die kwessies soos water, ablusie en ander knelpunte oor die stadion is onder beheer, en die stadion sal 15 500 mense kan huisves.