Heropening van skole in Malawi uitgestel weens cholera-sterftes

Die Malawiese regering het besluit om die heropening van skole in die stede Blantyre en Lilongwe vir eers uit te stel. Die ministerie van gesondheid sê dit word gedoen in ‘n poging om die toename in cholera-sterftes teen te werk. Die ministerie sê bevestigde cholera-gevalle in die land het tot 17 824 gestyg. Byna 600 mense is dood sedert die eerste geval in Maart verlede jaar aangemeld is. Dit is ‘n sterfte-persentasie van 3,34 persent.