Namibiese onderwyskenner verdedig hersiene kurrikulum

Die Namibiese eksamenuitslae is nog steeds onder die loep en vingers word gewys na die oorsaak van die hoë druipsyfer van leerders. Volgens onderwysminister Anna Nghipondoka het die meeste leerders gedruip weens ‘n gebrek aan onderrig in die klaskamers. Namate die teleurstellende resultate ‘n openbare bespreking geword het, is die blaam geplaas op die hersiene onderwyskurrikulum. Die direkteur van die Nasionale Instituut vir Opvoedkundige Ontwikkeling, dr. Patrick Simalumba het by die debat aangesluit en die hersiene kurrikulum verdedig.

Hy sê die ontwrigting deur Covid-19 is een van die bydraende faktore, maar hy meen die uitgerekte salaris-onderhandelinge van staatsamptenare het ‘n groot rol gespeel.