Stad Windhoek se raadsvergadering vind môreaand plaas

Stad Windhoek nooi die publiek uit na hul stadsraadsvergadering wat môreaand om half-ses sal plaasvind. Lede van die publiek word nou toegelaat om die raadsvergadering persoonlik by te woon, nadat alle Covid-regualsies opgehef is. Die agenda van die vergadering sal môre op hul webtuiste beskikbaar wees. Die vergaderings sal steeds regstreeks op Stad Windhoek se Facebook-blad gestroom word.