Mutorwa vra vir bekragtiging van twee internasionale lugvaart-protokolle

Die Namibiese vervoerminister, John Mutorwa, het vandag in die Nasionale Vergadering het twee protokolle oor internasionale lugvaart ter tafel gelê vir bekragtiging. Mutorwa sê die ministerie het ‘n regsmening van die kantoor van die prokureur-generaal verkry met betrekking tot die bekragtiging van die twee protokolle wat handel oor die verhoging van raadslede van die raad van Internasionale Burgerlike Lugvaart en die Lugnavigasie-kommissie onderskeidelik.