SA gevangene deel flambojante selfies op sosiale media

Die Suid-Afrikaanse departement van korrektiewe dienste het beslag gelê op ‘n gevangene se selfoon nadat hy dit gebruik het om flambojante foto’s van homself op sosiale media te plaas. Die departement se woordvoerder, Singabhako Nxumalo, sê die geïdentifiseerde gevangene is in die St Albans-korrektiewe-sentrum in die Oos-Kaap. Nxumalo voeg by hy is na ‘n spesiale sorg-eenheid verskuif vir ondersoekdoeleindes en sal formeel aangekla word.