Stad Windhoek probeer wéér twee nuwe lede verkies

Stad Windhoek se munisipale raad hou vanaand om halfses ‘n spesiale raadsvergadering om uiteindelik die twee oorblywende lede van die bestuurskomitee te verkies. Dit is die hoeveelste probeerslag om die twee lede te verkies, nadat opposisiepartye telkemale nie eenstemmigheid kon bereik nie. Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling Erastus Uutoni het gesê die kwessie moet so gou moontlik opgelos word. Volgens die woordvoerder van die stad, Lydia Amutenya, kan inwoners die besprekings regstreeks op hul Facebook-blad volg.