Ramaphosa: Kragverskaffing nie regering se plig  

President Cyril Ramaphosa sê die verskaffing van elektrisiteit is nie die regering se plig nie. Hy voer in hofdokumente aan hy is nie grondwetlik verplig om elektrisiteit aan Suid-Afrikaners te verskaf nie. Volgens Ramaphosa plaas die Grondwet die plig op plaaslike regering. Ramaphosa voer in sy beantwoordende verklaring aan die UDM en ander organisasies se regs-uitdaging teen beurtkrag is in werklikheid misplaas. Hy beklemtoon indien munisipaliteite volgens die wet hul plig versuim om elektrisiteit aan burgers te verskaf, laat die Grondwet hom nie toe om by hulle uitvoerende pligte in te meng nie.