Namibiese arbeidstatistieke onaanvaarbaar – vakbondleier

Die Namibiese arbeidsminister Utoni Nujoma het vandag sy personeelvergadering gesê tydens die eerste drie kwartale van die 2022-23-boekjaar is twee noodlottige en twee groot ongelukke by werksplekke aangemeld. In die tydperk is 2 315 inspeksies by werksplekke uitgevoer, waarvan 1 494 inspeksies was vir basiese indiensnemings-voorwaardes en 821 inspeksies was om die nakoming van beroepsveiligheids- en gesondheidstandaarde te verifieer. Altesaam 3 835 arbeidsverwante klagtes en kwessies is in alle streke en uit verskillende sektore geregistreer en hanteer. Veteraan vakbondleier Job Muniaro sê aan Kosmos 94.1 Nuus hierdie statistieke kan nie aanvaar word nie.