Stad Windhoek keur slegs drie uit 30 maatskappy vooraf goed vir sonkrag-aanleg

Altesaam 30 maatskappye het getender om te kwalifiseer vir die konstruksie, bedryf en onderhoud van Stad Windhoek se sonkrag-aanleg van 25 megawatt oor 25 jaar, maar slegs drie maatskappye met gesamentlike ondernemings met China, Indië en Suid-Afrika is vooraf goedgekeur. Volgens die Tender Bulletin is die drie maatskappye wat vooraf goedgekeur is IKJ-Akuo-Suneng Consortium / IJG-IM, Charge Tech / Sepco Electric Power Construction Corporation en Alensy Energy Solutions. Die sonkragprojek sal op ‘n basis van openbare private vennootskap onderneem word.