Waar was die regering se bystand met die Suide-brand?

Kritiek stroom in teen die Namibiese adjunk- eerste minister en vise-president van die Swapo-party, Netumbo Nandi-Ndaitwah, nadat sy nademaal namens die regering hulp aangebied het vir die verwoestende brand in die Suide wat reeds vanoggend geblus is. Sy sê die regering is gereed om die boere tydens die brand by te staan wat Dinsdag in die Karasburg-omgewing uitgebreek het. Noodkrete is reeds Vrydag uitgestuur vir ‘n helikopter, maar tevergeefs. Boere het reuse-skade gely met honderde duisende hektaar weiding wat op 14 plase afgebrand het. Infrastruktuur soos drade en pyplyne is verwoes, talle vee- en wildverliese is gely en mense is beseer.