Stad Whk: Uutoni sê nee vir Lutombi

Die Namibiese minister van stedelike en landelike ontwikkeling Erastus Uutoni sê hy gaan nie die aanstelling van Conrad Lutombi as die nuwe uitvoerende hoof van Stad Windhoek goedkeur, alvorens beweringe van korrupsie met die werwingsproses nie uitgeklaar is nie. Volgens Uutoni het raadslede van Stad Windhoek die beweringe gemaak en bevindinge van ‘n ondersoek oor die werwingsproses moet eers beskikbaar gestel word. Stad Windhoek het reeds op 12 Oktober Lutombi se aanstelling as nuwe uitvoerende hoof goedgekeur, maar moes wag op Uutoni se ja-woord. Lutombi is tans die uitvoerende hoof van die Padowerheid.