Alternatiewe kragbronne in SA bespreek

Verskeie ondernemings neem deel aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Energievereniging se twee-daagse konferensie in Midrand, Gauteng, om oplossings vir die land se energiekrisis te probeer vind. Die uitvoerende hoof van Eskom, Thulani Gcabashe, sê ondernemings sal alternatiewe bronne van energie ondersoek en die pad vorentoe oor regverdige energie-oorgang bespreek. Gcabashe sê Suid-Afrika moet al die beskikbare hulpbronne gebruik in ‘n poging om die krisis te stuit: