SA-rugby herdenk 160 jaar sedert heel eerste wedstryd

Vandag, 160 jaar gelede is die heel eerste rugbywedstryd in Suid-Afrika gespeel op die Green Point Common in Kaapstad. Die spanne is saamgestel uit burgerlikes en lede van die weermag wat in Engeland die spel geleer het. Die eerste rugbyklub is in 1875 gestig en teen 1889 is die eerste Suid-Afrikaanse Rugbyraad gestig. En nou is die Bokke wêreldkampioene. Naas Botha, veteraan van Suid-Afrikaanse rugby sê hy is vreeslik bly hulle het besluit om die eerste wedstryd te speel…