Dominic Cummings maak skok-onthullings oor Boris

Die Britse eerste minister Boris Johnson se voormalige raadgewer, Dominic Cummings, is steeds besig om skokkende bewyse aan parlementslede bekend te maak oor die Verenigde Koninkryk se vroeë hantering van die korona-uitbreking. Hy het aan LP’s vertel dat Johnson dit as die nuwe varkgriep en ‘n bangmaakstorie beskryf het. Cummings het ook onthul dat die eerste minister voorgestel het dat hy regstreeks op televisie met Covid-19 ingeënt word om te wys dis nie gevaarlik nie.