Stad Tshwane vorder fluks skuld in

Stad Tshwane het die afgelope paar maande ‘n geleidelike toename in die vlakke van inkomste-invorderings gesien. Dit beteken meer inwoners, ondernemings en ander kliënte begin gehoor gee aan die oproep om te betaal vir dienste wat gelewer is. Die burgemeesters-komiteelid vir finansies, Peter Sutton, sê die maandelikse inkomste-invordering was gemiddeld 2,5 miljard Suid-Afrikaanse rand wat kontantvloei en likiditeit negatief beïnvloed het. Volgens Sutton is die maandelikse inkomste-invorderingsteiken vir die huidige boekjaar vier miljard rand om diensverskaffers soos Eskom betyds te betaal.