DA: Meer as 3 000 Gautengse pasiënte op waglys vir operasies

Die DA in Gauteng sê onbruikbare operasie-teaters, beurtkrag en linne-tekorte kry die skuld vir ‘n verstommende 3 029 pasiënte wat wag op operasies in die Sebokeng-hospitaal in Vanderbijlpark. Die DA-lid, Jack Bloom, sê volgens die LUR vir gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, wag 2 250 katarak-pasiënte en 133 urologie-pasiënte reeds nege maande. Bloom sê 544 heup- en knie-chirurgie pasiënte is al vir drie jaar op die lys, en 52 ortopediese pasiënte wag al twee maande lank.

https://iframe.iono.fm/e/1240989