Putin stel krygswet in

Russiese President Vladimir Putin het vandag krygswet ingestel in die vier gebiede wat Rusland in Oekraïne geannekseer het. Putin het die regering aangesê om ‘n spesiale koördineringsraad onder die premier op die been te bring om Rusland in die oorlog te help. Dit is nog onseker hoe die krygswet gebruik gaan word, maar dit kan inhou dat ‘n militêre regering ingestel word wat met die opskorting van alle gewone wette gepaard kan gaan. Putin het ook vandag beweging in en uit agt gebiede naby Oekraïne verbied. Die maatreëls is in die suidelike Russiese gebiede ingestel, sowel as in die Krim-skiereiland wat in 2014 deur Rusland geannekseer is.