Stad Tshwane sny Gautrein-stasie in Hatfield se krag af

Die Gautrein-stasie in Hatfield is die jongste diensverskaffer wie se dienste vanmiddag deur die Stad Tshwane afgesny is, omdat sy munisipale rekening nie betaal is nie. Volgens die metro skuld die maatskappy meer as tien miljoen rand. Die stadsbestuurder, Mmaseabata Mutlaneng, sê dit het ‘n negatiewe uitwerking op die stad se finansies wanneer munisipale rekeninge nie betaal word nie. Sy sê die huidige veldtog is in lyn met munisipale wetgewing. Dienste is ook afgesny by die geboue wat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en die polisie se hoofkantoor huisves, omdat die eienaars se rekeninge agterstallig is.