Wêreld reageer versigtig op ontrekking van Russiese troepe

Die wêreld reageer versigtig op Rusland se aankondiging dat hy van sy troepe aan die grens van Oekraïne gaan onttrek. Hierdie is die jongste verwikkeling in die krisis oor Moskou se beweerde planne om sy buurland binne te val, terwyl Westerse magte met teenaanvalle dreig. ‘n Totaal van 100 000 Russiese soldate is op ‘n stadium by die grens ontplooi. Rusland, wat diep kulturele en geskiedkundige bande met Oekraïne het, wou hê NAVO moet waarborg sy buurland sal nie by die militêre alliansie aansluit nie, maar NAVO het geweier om enige beloftes te maak.