Stad Tshwane se inentingsentrums geloos

Die Stad Tshwane is gelukkig met die aantal boodskappe van inwoners wat hul positiewe ervarings by die stad se Covid-19-inentingsentrums deel. Die stad en mediese personeel is bemoedig deur hierdie ondersteunende boodskappe. ‘n Woordvoerder, Sipho Stuurman, sê verskeie van die stad se eiendomme is in inentingspersele omskep met gesondheidsbeamptes van Tshwane wat die persele bestuur.