Bates van Gupta-man gevries

Die hooggeregshof in Bloemfontein het ‘n bevel aan die Nasionale Vervolgingsgesag en die ondersoekdirektoraat toegestaan om die bates te bevries van Iqbal Sharma, sy maatskappy Nulane Investments, asook Islandsites Investments wat aan Atul en Rajesh Gupta behoort. ‘n Woordvoerder van die ondersoekdirektoraat, Sindiswe Seboka, sê die bevel is van toepassing op bates in Suid-Afrika en enige eiendom wat aan Sharma se maatskappye behoort, insluitend twee wat in die Verenigde Arabiese Emirate geregistreer is.