Kunstenaars, atlete vergoed

Die Suid-Afrikaanse departement van sport, kuns en kultuur in Gauteng ontken die DA se bewerings dat hy twee organisasies, Business and Arts South Africa en die Gautengse sportkonfederasie, miljoene Namibiese dollar betaal het om hulpfondse aan atlete en kunstenaars toe te ken. Die party voer aan die departement het die organisasies bykans 16,5 miljoen Namibiese dollar gegee. Die kantoor van die LUR sê die departement het ‘n bedrag van meer as 16 000 Namibiese dollar aan die instansies toegeken. ‘n Bedrag van byna 180 000 Namibiese dollar is deur die departement aan 3 000 begunstigdes, kunstenaars en atlete betaal.