Kommer oor dronkbestuur op Namibiese paaie  

Minder padongelukke, sterftes en beserings is hierdie feesseisoen deur die Motorvoertuig-ongelukkefonds op Namibiese paaie aangemeld. Kommer heers egter oor motoriste wat onder die invloed van alkohol bestuur. Net in die Oshana-streek is 64 mense in die feestyd in hegtenis geneem omdat hule onder die invloed van drank bestuur het. Volgens Nampol se bevelvoerder in die streek, kommissaris Lungameni Sakaria, is verkeersboetes van meer as 1,8 miljoen Namibiese dollar aan 1 924 verkeerswetsoortreders uitgereik.