Stad Tshwane lop deur onder beurtkrag

Die Stad Tshwane sê sy elektrisiteitspanne is toegewyd en sal regdeur die feestyd werk om die kragkrisis na die beste van hulle vermoë te hanteer. Die metro loop deur onder beurtkrag en hewige somerreënval wat groot uitdagings vir die elektrisiteitsnetwerk skep. Die burgemeesterskomiteelid vir Nutsdienste en Streeksbedrywighede, Daryl Johnston, sê inwoners beleef tans uitgebreide kragonderbrekings.