Nedbank: Desert Dash ‘n goeie ekonomiese inspuiting 

Tydens die 18de jaarlikse Nedbank Desert Dash-bergfietsren vanaf Windhoek na Swakopmund het die helfte van die sowat 150 solo-ryers nie teen die afsnytyd by die eindstreep uitgekom nie of heeltemal tydens die wedren uitgesak het. Namibië se Drikus Coetzee en Yolande de Villiers van Suid-Afrika was die wenners. Selma Kaulinge, kommunikasiebestuurder van Nedbank Namibië sê aan Kosmos 94.1 Nuus wat die ekonomiese inspuiting van die internasionale sportgeleentheid vir Namibië is.