Mariental se watertoevoer verbeter

Die vlak van die Mariental-reservoir het vanoggend op 53 persent gestaan. Die munisipaliteit van Mariental het die klep vanaf die reservoir na die dorp vanoggend om vyf-uur oopgemaak en tyd moet eers gegun word vir die water om die pypleidings vol te maak voordat die water die krane kan bereik. Gegewe die vlak van die reservoir, behoort daar ‘n verbetering in die meeste dele van die woongebiede te wees, behalwe in die hoogliggende Empelheim. Vragmotors is sedert ses-uur vanoggend na Aimablaagte en Empelheim om water te verskaf. Paul Nghiwelepo, die uitvoerende hoof van Mariental, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die watersituasie is besig is om te verbeter en dat die watertoevoer teen Vrydag weer normaal sal wees.