Stad Tshwane bewillig R23 miljoen vir werkskepping

Die Stad Tshwane het 23 miljoen rand van sy eie geld bygedra om die openbare werkskeppingsprogram te befonds. Die stad het die tweede werwingsveldtog van sy program van stapel gestuur nadat hy meer as 140 miljoen rand van die Nasionale Tesourie gekry het om nege-duisend werksgeleenthede te skep. Burgemeester Randall Williams sê die bydrae is gelewer in ‘n poging om die program uit te brei om meer werksgeleenthede vir sy inwoners te skep.