Kanonkoop koop Laibach

Een van die Wes-Kaap se ikoniese wynplase, Kanonkop, het ‘n organiese wyn- en druiweplaas, Laibach, in die Stellenbosch-distrik vir ‘n onbekende bedrag gekoop. Die eienaar van Kanonkop, Johan Krige, sê Laibach bestaan uit 40 hektaar organiese wingerde, gastehuis-verblyf en ‘n kelder. Die Laibach-etiket sal vir eers afsonderlik van Kanonkop voortbestaan. Organiese metodes sal steeds gebruik word en al die personeel bly aan.