NSFAF verwag toename in aansoeke

Die Namibiese Studente-hulpfonds sê hy verwag ‘n toename in aansoeke vanjaar. Die fonds se hoof uitvoerende beampte, Kennedy Kandume, sê ‘n moontlike 25 000 studente sal aansoek doen. Verlede jaar kon net meer as 17 000 studente uit 23 000 aansoek bygestaan word. Kandume sê daar is uitdagings as gevolg van die herskryf van eksamens..

Hy voeg by dat aansoeke tot 31 Maart vanjaar ingedien kan word.