‘n Derde van Namibiese kinders onderwerp aan geweld 

Volgens Laura McLeod-Katjirua, streeksgoewerneur van Khomas, word ‘n geskatte derde van kinders in Namibië jaarliks aan geweld onderwerp. Alhoewel baie bereik is in terme van die implementering van beleide en wette vir geslagsgelykheid en vroue-bemagtiging, moet die regering steeds sy kollektiewe pogings versterk, veral op die gebied van regsgeletterdheid. Die voormalige kinderadvokaat by die kantoor van die ombudsman, Ingrid Husselmann, sê aan Kosmos 94.1 Nuus lyfstraf is ook ‘n vorm van geweld.