Stad Kaapstad verdra nie wetteloosheid

Die Stad Kaapstad sê hy gaan nie wetteloosheid of wraakaanvalle as gevolg van die toepassing van die stad se verordeninge en vervoerregulasies verdra nie. Dit volg nadat ‘n MyCiTi-bus tydens ‘n taxiverwante betoging naby die verkeersirkel in Imizamo Yethu uitgebrand is. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Mobiliteit, Rob Quintas, sê beamptes van die metropolisiediens, verkeersdienste en vervoertoepassingseenheid is ontplooi om gebiede by Houtbaai en Imizamo Yethu te patrolleer.